Jesus, wanneer ek weer kla oor my werk; oor ek moeg is; die mense wat moeilik is en my baas wat my omkrap..... Herinner my daaraan dat 'n loopbaan 'n ongelooflike voorreg is en dit nie saak maak watter pos ek beklee nie. Help my onthou dat ek meer het as baie ander mense. Seën dan Heer, my opregte hart en eerlike werk.